
Inception Value Policy
1. Inception Value Policy
Ingeval van algehele verlies van u voertuig (d.i. gesteel, gekaap of afgeskryf), sal ons u
eis soos volg afhandel:
1.1 Indien die voertuig gefinansier is, betaal ons die finansiële instansie (die oorblywende balans word aan u uitbetaal) die hoogste bedrag van:
a. die uitstaande balans op die datum van verlies verskuldig; of
b. die herverkoopswaarde op die aanvangsdatum van hierdie Inception Value
policy;
1.1.1. minus die herverkoopswaarde op die datum van die verlies;
1.1.2. minus enige bybetalings wat van krag is onder hierdie Inception Value Policy.
1.2 Indien die voertuig nie gefinansier is nie, betaal ons die aanvangswaarde: minus
1.2.1. die verkoopswaarde soos op die datum van verlies;
1.2.2. enige bybetaling wat van krag is onder hierdie Inception Value Policy.
1.3 Woordomskrywings
1.3.1. Aanvangswaarde is die herverkoopswaarde soos by aanvang van hierdie
Inception Value Policy;
1.3.2. Herverkoopswaarde word betaal deur die publikasie van die Mead &
McGrouther Auto Handelaars Gids;
1.3.3. Uitstaande balans verwys na die uitstaande bedrag wat u die
finansiële instansie skuld soos op die datum van verlies, minus enige:
1.3.3.1. uitstaande paaiemente en onverrekende rente soos op
die datum van verlies;
1.3.3.2. kortings waarop u geregtig sou wees indien u die lening
op die datum van verlies sou vereffen het;
1.3.3.3. terugbetalings aan u of die finansiële instansie verskuldig;
1.4 "Voertuig" beteken slegs 'n Kode 1 of Kode 2 soos bepaal deur die
toepaslike Padverkeersregulasies in Suidelike Afrika.